Lethabo Lodge
 Bushveld Happiness

Welkom by Lethabo Lodge

Weggesteek in die valleie van die Waterberg Bosveld is Lethabo Lodge ongeveer 12km buite Nylstroom/Modimolle. Hierdie privaat gasteplaas word besit en bestuur deur Conrad en Nicolette Meyer en dit vorm deel van n werkende Wild en skaapboerdery en beid aan gaste onvergeetlike rustige Bosveldvrede waar mens net kan ontspan en herlaai. Daar is iets besonders aan die natuur en hier ondervind jy dit eerstehands. Al die eenhede is ten volle toegerus vir selfsorg en al die kamp staanplekke is privaat staanplekke met privaat alusies en Bushtubs. Lethabo lodge is nie n kommersiele oord nie en hier word gaste soos vriende behandel en ontvang. Ons deel graag ons stukkie Bosveld paradys met mense wat dieselde liefde vir die bosveld het as ons.



Mail
Call
Instagram