Aktiwiteite
Ons hoofdoel is om ons plekkie en die rustigheid en vrede van die Bosveld met ons gaste te deel. Ons het ook so paar aktiwiteite om jou verblyf hier by ons onvergeetlik te maak.
Onderdak verhitte swembad en Kroegarea
Kom geniet n verfrissende drankie in ons kroeg of ontspan in ons onderdak verhitte swembad. Ontwerp vir gemak en ontspanning
Ons het ook n klein winkeltjie vir jou basiese benodighede.
Visvang en Roeibootjies
Kom toets jou vernuf in een van ons damme en kyk of jy n grote kan uithaal. Ons het Kurper, Baber, en Karp. Of geniet die sonsondergang in n roeiboot op die water met jou geliefde.
Staproete
Geniet die natuur en kyk na die wild op ons 5km staproete. Meduim gradering vir almal om te geniet en baie om te sien.
Swembad
DKoel af in ons buite swembad. Ideaal gelee vir almal om te geniet. Ons is tans besig om kleedkamers en braai geriewe op te gradeer vir meer pret by die swembad.
Mud and Memories 4x4 Roete
Kom toets jou vernuf in ons modder of kry n Pienk hoedjie trofee as jy dalk sou vassit. Verken ons bergroete en geniet die natuurskoon soos die roete jou oor die berge en deur die kloof vat. Bergroete is n gemklike roete en beginners kan hom ook ry met geen gevaar vir skade op voertuig.






















































